NUUSBRIEF 02 2026

View NUUSBRIEF 02 2026 flipbook.

VVA AVONDVREDE TEHUIS VIR BEJAARDES JUNIE 2026 002/2026 PAGE 1 NUUSBRIEF MAG AVONDVREDE WYD BEKEND STAAN NIE NET IN VREDE NIE Oordenking “Wees tevrede met wat julle het. God self het gesê “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie” Daarom kan ons met vertroue sê: Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie. Wat kan ‘n mens aan my doen?” Hebrieërs 13:5-6 (Bybel) AVONDVREDE TEHUIS VIR BEJAARDES Inleiding en Nuwe Nuus ANNATJIE JANZEN Personeel: Ons sê weereens dankie vir alles wat die Personeel vir die tehuis doen, julle omgee en liefde word baie waardeer. Dricê vir jou en jou span, julle is Goud werd vir Avondvrede tehuis vir Bejaardes. Personeel: Sister Meghan Louw gaan op Kraamverlof. Sister Tseleng sluit by die span in Sister Meghan se plek. Baie Baie geluk aan Sister Meghan en Franco met die geboorte van hulle pragtige dogtertjie. Inwoners: Spesiale dankie vir tannie Rita Cockroft vir die gordyne vir die stort in die Sonskyn hoekie. Dankie vir al die naaldwerk wat tannie vir ons doen met betrekking tot herstelwerk. Spesiale Dankie aan tannie Charlotte Jacobs vir die mooi ruikers in die gang. Dankie ook aan Tannie Wilma wat gereeld met blomme die senior personeel se kantore verfraai. Dankie aan Tannie Anne wat so getrou elke week die Boekklub se voorlesings hanteer.

FEBRUARIE 2026 / 002/2026 NUUSBRIEF PAGE 2 Lief en Leed – Uitleg van die uitdrukking Die uitdrukking "lief en leed" verwys na twee teenoorgestelde aspekte van die lewe: LIEF verteenwoordig die gelukkige tye en oomblikke, terwyl LEED verteenwoordig die moeilike tye van verdriet en hartseer. Wanneer iemand sê dat “ons lief en leed deel" beteken dit dat ons alles saam deurgaan, vreugde en verdriet, en mekaar daarin ondersteun. Vermaak en Bederf Dankie vir elkeen wat betrokke was by geleenthede by Avondvrede Tehuis vir Bejaardes.  Ebenhaezer – APK Kerk  Melktertdag – Cristien Bester  Ebenhaezer – Moedergemeente  Moedersdag – Lekker Sjokolades en Kaartjies  Fliekmiddag- Kyk “Hoor my Lied” en word bederf met Melktert wat Jacobus Gemaak het. ALGEMENE NUUS Sister Herculina Smit (Smittie) het bedank weens haar siekte. Ons bid jou die Here se rykste seën toe. Ons Harte is seer oor Jacobus wat ons verlaat het. Dankie vir al die lekker kos wat jy ons mee bederf het. ANNATJIE JANZEN Die volgende inwoners maak ‘n draai in die Hospitaal en het vinnig besef hulle mis ons baie meer. Baie bly julle is so gou terug want julle plekkies was leeg by ons  *Tannie Miena Oberholzer *Tannie Miems Coetzee *Tannie Noelene Venter *Tannie Thea Oostuizen *Tannie Lida Van Zyl *Tannie Marie Steyn *Tannie Rita Cockroft se seun Charl Cockroft ondergaan ‘n brein operasie. Genadiglik gaan dit beter met hom, ons glo hy gaan volkome herstel. Met groot hartseer is die volgende Inwoners Oorlede: *Oom Boet Potgieter *Oom Johan Schoonraad *Tannie Alta J V Rensburg *Tannie Lida Van Zyl Ons gaan julle BAIE Mis.

FEBRUARIE 2026 / 002/2026 NUUSBRIEF PAGE 3 Baie Welkom aan ons Nuwe Inwoners mag julle “hier” tuis voel, en glimlag elke dag.  Sheila Madlala  Joseph Mofokeng  Paulus Mohase  Tannie Gerty Wessels  Tannie Kleintjie Kok  Oom Chris en Tannie Cecilia Olivier  Tannie Linda Van Staden  Tannie Charlotte Potgieter verlaat ons en verhuis na Pretoria SKENKINGS GOEDERE IN NATURA Ons gemeenskap se harte is groot. BAIE DANKIE Die volgende Skenkings is ontvang 03 x Sakke Mielies – Pieter Theron 01 x Trollie Appels – Evonne van Rooyen 11 x Pampoene – Mnr Rossouw Maalvleis, Repies wors en Sopbene – Anoniem Truksvye – Cassie Maritz Truksvye – Evan Van Rooyen 02 x bakke aartappels – NG Moedergemeente 03 x Koeke – Riana Wessels Groenmielies – Arnuf Staszacker 03 x Sakke Aartappels – Surei Linde WOORD VAN DANK Baie Baie Dankie Aan ons beheerraad…… baie dankie vir al julle harde werk. hier by ons Tehuis. Julle maar regtig ‘n GROOT verskil.

FEBRUARIE 2026 / 002/2026 NUUSBRIEF PAGE 4 Grappie vir die Dag…. Klein Jannie en sy gesin eet Sondag middag by Ouma. Net toe almal aan tafel is, begin Ouma die kos opskep. Toe Jannie sy bord kos ontvang, begin hy dadelik eet. “Jannie, asseblief!!” sê sy ma. “Wag asseblief tot ons gebid het.” “Ek hoef nie,” sê hy dadelik. “Natuurlik moet jy!” antwoord sy ma. “Ons bid altyd voor ons by die huis eet.” “Ja, maar dit is by ons huis” verduidelik Jannie. “Maar hierdie is Ouma se huis, en sy weet hoe om te kook.” Verjaarsdae om te Onthou.. VERJAARSDAGLYS: PERSONEEL: Julie: Augustus: 6 WAV129 Lettie (ML)Mokoena 17 KAV140 Katso (DC) Legodi 6 VAV145 Rose (TR) Motaung 8 VAV054 Esther (EN) Mtsweni 14 VAV007 Sandra (S) Dippenaar 22 VAV147 Innocent (KI) Tshabalala September: Oktober: 7 Elmarie Badenhorst (BR) 4 VAV057 Sarah (SO) Motaung 17 Fanie Selepe (BR) 4 VAV043 Polly (PE) Radebe 22 ALAV102 Siphiwe (SS) Maphalala 7 KAV036 Catherine (MC) Mosiea 27 VAV135 Liza (L) van Rhyn 10 SAV046 Elizabeth (NE) Tsotetsi 15 AAV004 Drice Rossouw 16 WAV069 Ireen(NI) Twala 17 SAV099 Ntombi (NE) Mosikili 20 Dr Dirk Venter (BR) 22 Lehman Lindeque (BR) 23 SAV082 Martha (MM) Makhubu 24 VAV006 Meghan (M) Louw 25 SAV111 Maggie (ME) Motaung 26 VAV083 Sylvia (LS) Moloi 26 ALAV138 Amos (AM) Nhlapo 29 SAV113 Mahandi (BE) Selepe VERJAARDAGLYS: INWONERS: Julie: Augustus: 1 Paulus Mohase 13 Calla J van Rensburg 2 Driekie Vorster 14 Koos Wessels 3 Cecilia Olivier 23 Mina Oberholzer 7 Wilma Botha 23 Meisie Kotze 25 Attie Schoeman 30 Mita Nhlapo September: Oktober: 9 Alta vd Vyver 7 Noelene Venter 15 Danie Cronje 10 Miemie Swart 18 Corrie Greyling 10 Christa Cronje 20 Veronica Parker 15 Santjie Schoonraad 24 Heleen vd Heever 15 Elsabe Erasmus 25 Ned Roesch 26 Abraham Coetzee

FEBRUARIE 2026 / 002/2026 NUUSBRIEF PAGE 5 Belangrike datums op kalender: Vergaderings  Inwonerskomitee : Mei 2026  Beheerraads Vergadering : 28ste Mei 2026 en 25 Junie 2026 MERK OP JOU KALENDER. JY KAN GLAD NIE UITMIS NIE:  6de November 2026 Avondvrede KERSMARK by Vrede Buiteklub  7de November 2026 GHOLFDAG ten bate van Avondvrede by Vrede Buiteklub