Boemsie from the Blue Moon

View Boemsie from the Blue Moon flipbook.

Boemsie van die Blou Maan

© 2026 Helena Meyer - Alle Regte Voorbehou. 2

© 2026 Helena Meyer - Alle Regte Voorbehou. 3 KOPIEREG © 2026 Helena Meyer. Alle regte voorbehou. Hierdie PDF mag nie gekopieer, gedeel of verkoop word sonder toestemming nie. Geskryf met liefde in Bloemfontein vir ons kinders. Kontak: WhatsApp 0824123770

© 2026 Helena Meyer - Alle Regte Voorbehou. 4 Dit was die nag van die blou maan. Die maan het helder geskyn. Skielik het daar ’n stêr verskiet. Of was dit nie ?

© 2026 Helena Meyer - Alle Regte Voorbehou. 5 Maar dit was nie 'n ster nie. Dit was Boemsie! Die mooi klein ruimte dogtertjie met spesiale kragte. “Waar is ek?" vra sy.

© 2026 Helena Meyer - Alle Regte Voorbehou. 6 Sy het in 'n woud geland. Die woud was baie snaaks vir haar. Daar was baie diere en ander wesens. "Ek ken nie hierdie plek nie," fluister Boemsie.

© 2026 Helena Meyer - Alle Regte Voorbehou. 7 Boemsie stap deur die woud. Toe begin haar stêrretjie flikker. Flikker-flikker-flikker! Iemand roep om hulp!

© 2026 Helena Meyer - Alle Regte Voorbehou. 8 Toe sien sy 'n gat in die grond. Boemsie loer af in die gat. "Hallo, wie is jy?" vra sy. "Ek is Hasie," sê die klein harige diertjie. "Help my asseblief, ek sit vas in hierdie gat!"

© 2026 Helena Meyer - Alle Regte Voorbehou. 9 Boemsie skud haar kop. Haar stêrretjie flikker vinnig! Skielik groei haar hare! Blou hare reik af in die gat. Boemsie trek vir Hasie veilig uit die gat!

© 2026 Helena Meyer - Alle Regte Voorbehou. 10 Boemsie gee vir Hasie 'n drukkie! Vriende vir altyd!! *Die Einde*

© 2026 Helena Meyer - Alle Regte Voorbehou. 11 Reënboognasie-reeks Hierdie pragtige prenteboek leer jong kinders die wonder van die Reënboognasie. Perfek vir ouderdomme 3-8. Die les van Boemsie en Hasie 1. Om dapper te wees in 'n nuwe plek Boemsie het in 'n snaakse woud geland waar sy niemand geken het nie. Sy was bang, maar sy het nie gaan wegkruip nie. Sy het geluister en rond gekyk. Kinders leer: Dis reg om bang te voel op 'n nuwe plek, maar as jy dapper is, vind jy vriende. 2. Luister as jou hartjie flikker Boemsie se sterretjie het begin flikker-flikker. Dit was haar hartjie wat gesê het: "Iemand het hulp nodig!" Kinders leer: Luister na daardie sagte stemmetjie binne-in jou wat sê om goed te doen. 3. Jou gawes is daar om ander te help Boemsie se blou hare het skielik lank gegroei — nie om mooi te lyk nie, maar om Hasie uit die gat te trek. Kinders leer: Wat jou anders en spesiaal maak, is juis wat jy kan gebruik om ander te help. 4. Help sonder om iets terug te verwag Boemsie het nie gevra "Wat kry ek as ek jou help?" nie. Sy het net gehelp. Kinders leer: Ware vriendelikheid verwag nie 'n beloning nie. 5. Vriende vir altyd, word gemaak deur te gee Na die redding gee Boemsie vir Hasie 'n drukkie. Een klein drukkie maak twee hartjies bly. Kinders leer: Vriendskap groei wanneer ons vir mekaar omgee. 'n Drukkie kan alles regmaak.